The decision to evict this MARGINALIZED community points at the possibility that the MAYOR may have OTHER plans for the AREA and that this COMMUNITY may just be in the way of her plans.
The fight for JUSTICE for these people will continue and I urge everybody to support their struggle,
BECAUSE….
This isn’t just their STRUGGLE…
it’s ours against the INJUSTICES of forced ASSIMILATION and
CULTURAL GENOCIDE perpetuated by the ANC regime …
WE WILL OVERCOME…!!!
LiveJournal Tags: Philip van Staden,Uitsetting van arm AFRIKANERS,ANC racist policies,Gwen Ramakgopa,Tswane Metropolitan Council,Freedom Front +,Eviction of Poor Afrikaners,Reverse Racism,Pretoria Moot,ANC Policy,ANC Policies,Racist ANC Policies,forced assimilation,Genocide,Afrikaner Poverty,Afrikaner Genocide
WAAROOR GAAN DIE GEVEG RONDOM DIE WENDYHUISE?
PHILIP VAN STADEN ANTWOORD.
by Stop Die Uitsetting Van Arm Afrikaners on Tuesday, October 12, 2010 at 8:49pmGoeie dag almal. Eerstens baie dankie dat u in sulke groot getalle by hierdie groep aansluit. Dit is egter uiters belangrik dat Afrikaners in hierdie land moet begin besef dat die onreg wat ons op alle vlakke in die samelewing toegedien word daadwerklik deur onself gestuit moet word. Ons moet ophou om die ander wang elke keer te draai en begin aanspraak maak op ons regte.
‘n Bietjie agtergrond oor ons gemeenskap. Die Wesmoot in Pretoria is wes van die Apiesrivier en bestaan uit die voorstede van Hermanstad,Daspoort,Mountain View,Suiderberg,Pretoria Tuine,Booysens,Claremont,Lady Selbourne en dan die landelike gebiede van Andeon,Kirkney,Zandfontein,Boekenhoutskloof en Kameeldrift Wes. Danville en Elandspoort is ook maar deel van ons gemeenskap alhoewel hy suid vd Waterberge gelee is. Ons gemeenskap bestaan uit middelklas tot baie arm mense waarvan die meeste Afrikaners is. Die werkloosheidsyfer in die gemeenskap onder Afrikaners is baie hoog en as ‘n persoon in die poel van armoede beland dan het hy geen ander huis as ‘n wendyhuis,karavaan of kamer in iemand se huis of erf of hoewe nie. Die afgelope vier jaar, sedert 2006,het hierdie armoede tempo teen ‘n drastiese stap versnel en dit het ‘n geweldige impak op ons gemeenskap, ekonomies en maatskaplik. Baie inwoners woon in hierdie wendys,karavane of kamers. Ons is tans besig in die gemeenskap met opnames om elke persoon wat in ‘n wendy woon op te teken en die getalle kom al op plus minus 5000 neer. Baie van hierdie wendys is agter in mense se erwe wat dan sodoende vir hierdie mense ‘n dak oor hulle koppe gee en ook help om kos aan hulle beskikbaar te stel.
Die moeilikheid het aanvanklik in 2009 begin toe die ANC in die raad stukke ter tafel gele het wat aangedui het dat hulle 17000 plakkers vanaf Atteridgeville wil verskuif na ons gemeenskap. Ons het die burgermeester gewaarsku en gese dat dit onaanvaarbaar is aangesien die gemeenskap nie die genoegsame infrastrukture het om hierdie groot getalle te kan akkomodeer nie. Die ANC en die burgermeester het ons ‘n dowe oor gegooi en ons kon geen reaksie verder uit hulle kry nie. Dit het so aangegaan tot in Februarie 2010. Die gemeenskap het toe besluit om aksie te neem en ‘n petisie veldtog teen die plakkers en bestaande plakkers geloods en 10 000 inwoners het hierdie petisie onderteken. Die burgermeester wou egter nie die petisie in ontvangs neem nie en ek het toe persoonlik ‘n plakkerstent voor haar ampswoning gaan opslaan. Sien Beeld 22 Februarie 2010 "Gwen en die plakker". Die volgende dag is ek egter na haar kantoor ontbied en het sy die petisie in ontvangs geneem. Op 30 Maart 2010 het die staatspresident ons gemeenskap kom besoek en ons het die geleentheid gehad om met hom van aangesig tot aangesig te gesels en ek het ‘n volle verslag aan hom oorhandig.Ek het die volgende dag ‘n epos van sy kantoor ontvang en dit was die laaste wat ons van hom gehoor het.
Op 25 Mei 2010 het die Metroraad skielik twee lede vd gemeenskap,wat behuising dmv wendyhuisies aan armes verskaf,voor die hof gedaag om die wendys af te breek en is krimineel aangekla deur die staat. Die twee mense,van onderskeie dele in die gemeenskap,het my om hulp genader en dadelik het ons ‘n regsverteenwoordiger aan hulle beskikbaar gestel vir die verdediging. Die regsverteenwoordiger het voor die landros betoog en hom daarop gewys dat indien die Metroraad sou voortgaan om mense uit wendys te sit dat plus minus 5000 inwoners op straat gaan sit. Die saak is toe uitgestel tot 20 Julie 2010 met dienverstande dat ons sou vertoe lewer. Ek het in die media daarop gereageer en gese dat elke inwoner die reg op behuising het en alvorens mense uit huise gesit word moet daar eers vir hulle alternatiewe verblyf deur die staat verskaf word. Ek het ook genoem dat ons alles in ons vermoe sal doen om die uitsettings te keer.Sien Pta News 26 Mei 2010 "FF+ to fight council bid to have Wendy houses flattened".
Op 08 Junie 2010 het ons regsverteenwoordigers ons meegedeel dat die Metroraad die saak teruggetrek het. Die staat het egter geen geldige redes vir die vervolging gehad nie. Sien Beeld 09 Junie 2010 "Armes se huisvesters in Pta vry". Pretoria News 10 Junie 2010 "Court victory for duo helping the homeless".
Intussen het die Metroraad weer vd lede van die gemeenskap aangekla en kom die saak nou eerskomende Donderdag die 14e Oktober 2010 voor. Ons het reeds dokumente opgetrek en is tans besig om met elke wendyhuisie inwoner en die eienaars vd betrokke erwe in die gemeenskap te konsulteer. Daarom dat ons gister die hof genader het om die saak van Donderdag uit te stel sodat ons goed kan organiseer met aksies en hierdie blad is een daarvan. Die volgende daadwerklike aksies sal na Donderdag se hof deur ons in die media bekend gemaak word. Dit is uiters belangrik dat die ANC nie oor ons mag loop en hierdie saak wen nie en dit is uiters belangrik dat ons optrede van so ‘n aard sal wees dat die staatspresident gedwing word om behuising aan hierdie mense te verskaf.
Daar is egter net een taal wat die ANC verstaan en dit is getalle. Daarom is dit uiters belangrik dat soveel as tot 10 000 Afrikaners hulle mede Afrikaner in nood ondersteun en by hierdie blad aansluit.
Ek wil u graag vanaand weereens versoek om soveel as moontlik van u faceboek vriende hier op te kry. Ons het ook regte in hierdie land en ons moet nou na 16jaar daadwerklik begin aanspraak maak op hierdie regte. Saam as ‘n eenheid kan ons baie vermag.
Baie dankie
Philip van Staden
Gemeenskapsverteenwoordiger
Aktivis teen armoede
Wesmoot Pretoria
No comments:
Post a Comment