![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiEEMSCbznNsxW_jJclX35K19svlb347uP1Vr-spkG4QD-KDIyj_-euN8jlVYWEdMdop992-_d74ryOYE4kO1dzQv3P1VDjqqmicfPzY0dnz_8UTSRXXm9csIn6gb-ajFOZwukSzWr6NenG/s400/images%255B3%255D.jpg)
Jurie (61) en Susan Austen (78) bly in ‘n pomphuisie van 2x2m in familie se erf. Jurie het 23 jaar by die Spoorweg gewerk, maar sy werk verloor weens regstellende aksie. Toe hy sy werk verloor, moes hulle dadelik uit die spoorweghuis trek. Hy kry R700 ‘n maand pensioen, en R500 daarvan moet hy betaal vir die huur van die pomphuisie. Sy vrou het 25 jaar by die poskantoor gewerk as briewesorteerder. Sy kry nie ‘n pensioen nie. Die egpaar het ook nie ‘n badkamer nie, en was in ‘n skotteltjie.
• Elsie Botha (82) het vir twee jaar in ‘n watertenk op Susan Kruger van Pretoria se erf gewoon voordat sy ‘n Wendy-huisie by ‘n Helpende Hand-
ondersteuner geskenk gekry het. Susan het haar oor Elsie ontferm toe sy haar tien jaar gelede langs die hoofweg sien stap het met ‘n
tassie in haar hand. Tannie Elsie het na haar man se dood by sy broer en skoonsuster gewoon, maar hulle het haar mishandel en in ‘n duiwehok laat woon. Die kos, onthou sy, was “min en sleg.”

No comments:
Post a Comment