Mense word eers bewus van Blanke armoede wanneer hulle kan sien hoe ander mense lewe in nedersettings en kampe waar individue en gesinne in uiters haglike toestande bly. Hierdie mense bly in sink huisies 3M x 3M, plastiese huisies wat aanmekaar gesit word met versterkte stukke plastiek, Wendy huisies, Plank huisies, ou karavane, water tenks en allerhande goed wat net so bietjie beskerming bied teen die wind en die weer. Baie van hierdie mense het nie lopende water nie, van elektriese krag word nie eers gepraat nie. Hulle loop soms vêr na ’n vlei of ’n dam om nie lopende water te gaan skep waarmee koffie, tee pap en ander kosse gekook word. Soms is daar geen toilet geriewe nie slegs ’n slop emmer wat êrens in die veld leeggemaak word. Hulle het geen mediese skema nie en moet al vroeg oggend vêr stap en in toue gaan staan om êrens teen die middag miskien die Dokter of soms net ’n Suster te sien ’n paar pille te kry om erge pyn te verlig. Daarna pak so ’n siek , kreupel of persoon met kroniese siektes weer die Kilometers per voet aan na sy skuiling, daar aangekom maak hy miskien iets wat al oud is reg om te eet of eet miskien iets waarvan die rak lewe lankal reeds verstryk het en bygesê as daar iets is om te eet Hierdie mense het gewoonlik nie die gerief van ’n bad, warm water en of seep nie en het ook geen privaatheid wanneer hulle sou wou bad nie, dan as die persoon bed toe gaan is dit soms op ’n matras of selfs net op ’n kombers waarop hulle gaan lê en slaap sonder ’n kussing onder die kop. Hulle stilte tyd geskied slegs in die donker en is die voorreg ontneem om uit die Bybel te leesDaagliks hoor hierdie mense hoe van hulle gepraat word en oor hulle gepraat word. Hulle hoor weinig of min dat mense met hulle praat of vir hulle bid, vir hulle omgee en met hulle iets wil deel. Hulle hoor ook net altyd hoe sleg hulle is, hoe vuil hulle is, hoe agterlik hulle is, dat hulle net te lui is om te werk, dat hulle net wil kleintjies maak.Elke maand einde loop van hierdie mense kilometers vêr, ek weet van hulle wat so vêr as dertig kilometers moet loop om hulle pensioentjie te gaan haal, terug skuiling toe gaan en die geldjie net so aan die grond eienaar gaan betaal vir sy maandelikse huur van sy skuiling. Dit is werklik so dat van hulle nie ’n sent van die pensioen geld oor het om kos te koop nieDie mense in kampe en Nedersettings word in baie gegoede huise bespreek as mense wat ’n agterstand in die lewe het omdat hulle ongeletterd is. Hulle word gesien as menssku, skelm en word altyd verdink as oneerlik en onbetroubaar.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Hoekom kan ons dan nie mense kry wat plaase besit wat dit nie tans gebruik ek se altyd "GIVE A LITTLE TO GET A LOT" jammer vir die ingels maar glo my probeer dit n' bietjie gee vir iemand wat regtig swaar kry n' klein hulp middel en sien hoe seen GOD jou vir daardie klein bydrae.Ek praat van ondervinding glo my dit is so,so by so het hulle die plase geerf of hulle betaal dit tog maandeliks af en het tog nie veel nut op die oomblik van dit,dan kan mens wel wanneer daar wel inkomste uit die plaas geginereer word n' bydrae maak aan die eienaar.Idiaal sal wees so +_ 50 tot n'100 km van n' redelike groot dorp of stad vir afset van produkte,ek glo daar is n'hele paar mense wat ek al van gehoor het wat grond het maar glad dit nie gebruik nie wat dit dan kan beskikbaar stel dat ons die mense weer kan help opstaan daar is baie maniere om hulle so weer menswaardig te laat voel, as daar wel barmhartige samaritane is skakel my gerus so dat ons nie net praat om die mede volksgenote te help nie maar woord by die daad voeg,kom ons kyk hoe vinnig kan ons die inisiatief in werking stel laat ons wys ons boervolk kan nog saam staan en geen negatiewe antwoorde a.s.b. net positiewes sal aanvaar word Groetnis Johan Visagie 0844035966
ReplyDelete