Thursday, September 6, 2012

"TSWANE " STADSRAAD IS AL WEER ( VIR DIE SOVEELSTE KEER)- BESIG OM TEEN HOOFSAAKLIK BLANKES TE DISKRIMINEER! Intussen bly letterlik derduisende swart plakkers agter in erwe in woonbuurte soos Mamelodi, Eersterus, Atteridgeville, ens- maar blankes in WIT woonbuurte word weer-eens gedreig met boetes en uitsetting vanaf privaat gronde.Hierdie is blatante diskriminasie- en "Tswane" stadsraad is elke keer die voorbok om blankes te probeer onderdruk.


‘Weg met huise in agterplaas!’

2012-09-05 22:10

  

Ronel Fernandez buite haar suster se houthuis in hul pa se agterplaas. Foto: FRANCO MEGANNON

Sewe mense wat in hul pa en oupa se agterplaas in Pretoria-Noord bly, sal dalk binnekort sonder heenkome wees nadat die metroraad hulle drie weke kennisgewing gegee het om hul informele wonings te verwyder.

Ronel Fernandez (31), haar twee dogters, Melissa (12) en Jessica (9), haar twee broers, haar suster en dié se driejarige dogter het tot 15 September kans om goedgekeurde bouplanne vir hul informele huise in Dorandia aan die raad voor te lê. As hulle versuim, moet hulle hul huise afbreek of hul pa word beboet.

“Wat verwag hulle moet ons doen? Ons het nie geld vir enigiets anders nie,” het Fernan­dez gesê.

Hulle het die kennisgewing op 15 Augustus gekry en Fer­nandez moes eergister in Akasia se munisipale kantore om uitstel gaan pleit.

“Die bouplanne sal ons R10 000 per huis kos. Om goedkeuring vir die planne te kry moet die huisies boonop van steen wees. Ons het nie daardie soort geld nie,” het sy gesê.

Sy werk as kassier by Prinsloo Batteries in Pretoria-Noord en kry kos as betaling. Haar man, Chris, doen los werkies vir Global Composit Solutions.

Volgens Fernandez is daar ’n menigte mense in die omgewing wat in agterplase woon, maar nie gedwing word om hul huise te verwyder nie.

Op ’n raadsvergadering in Maart het die burgemeester aangekondig dat Tshwane sou begin met ’n program om erfbewoners beter behuising te gee.

Daarvolgens sou 1 000 mense wat in agterplase woon van April formele behuising kry. “Ons is dit egter nie aangebied nie,” het Fernandez gesê.

Modise Maimane, Tshwane se geboubeheerbeampte, het egter gesê dit is weens die omvang van die probleem moeilik om alle oortreders te straf.

“Inwoners besef nie hoe ’n gevaar informele nedersettings in woonbuurte inhou nie.”

 http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Tshwane-Weg-met-huise-in-agterplaas-20120905

No comments:

Post a Comment