Demograwe toon dat 600 000 Afrikaners tans as arm geklassifiseer kan word.
46% van wit huishoudings kan nie ’n huis van meer as R200 000 bekostig nie.
Daar is tans 77 wit plakkerskampe in Pretoria alleen en meer as 430 landswyd.
Tussen 1994 en 2005 het wit armoede met 150% toegeneem.
Daar is tans 131 000 wit huishoudings wat nie voldoende behuising het nie.
Die behoefte aan voldoende huisvesting gaan na verwagting met ongeveer 7 500 huise per jaar toeneem.
Om die agterstand van behuising onder arm wit mense oor die volgende tien jaar uit te wis, moet ’n gemiddeld van 14 000 HOP-huise per jaar vir arm wit mense gebou word.
Navorsing toon die grootste behoefte aan behuising onder wittes is tans in Gauteng en die Wes-Kaap.
Vir die eerste keer sedert die dertigerjare van die vorige eeu is daar groeiende getalle armblankes en is daar ‘n nuwe verskynsel van blanke plakkersgebiede wat rondom veral groter stede soos Pretoria vorm.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment