Ek stap vanoggend weg van die plek waar dit dié slag Sarie se beurt wasom haar kindjie te begrawe, sommer hier in die kamp, op 10 Julie 2010.Sal iemand ooit weet of onthou klein Jana was ook vir 'n rukkie, 'nvolle 16 maande, hier op aarde, of beteken dit as jy arm is en jy gaansommer dood van koue, dat dit nie saak maak nie en dat die lewe maar netmoet aangaan sonder jou, sonder om jou te mis of om 'n gat te los? InSarie se hart het haar kind se dood 'n gat gelos - vir ewig. Die winterhet ons gevang hierdie jaar.Ag, Here, hoekom is ek hier? Hoekom is my lewe en my kinders en my helebestaan opgesom in 'n vuil, gemufde tent vol uitgooigoed en vrot goed?Ek leef en oorleef met ander mense se weggooigoed op hierdie godverlatevlaktes waar nie eers 'n boom of gras se wortels wil vat nie. Niks wilhier wees nie, niemand moet hier wees nie...Die kamp en sy mense en die moedeloosheid is besig om my siel lagie virlagie af te skil tot daar niks van my gaan oorbly nie. Dit maak my dood,maar op ander maniere as wat honger of siekwees jou dood maak. Dit maakdie rede dood 'n die rede vir opstaan en die rede vir weer probeer. Ditmaak dit net dood. Daar was vandag niks om te eet nie. My maag het al so gekrimp dat eknet een keer 'n dag hoef te eet. Ja, om te dink daar was 'n tyd wat ekmaer wou wees. Ek wonder of dit my maag of my hart is wat pyn, wantsien, Here, ék kan nog honger gaan lê, maar ek kan nie my kinders sosien nie! Dis 'n pyn wat jou lyf nie kan vat nie! Ek het vanaand netwater op die gel-stofie gekook tot Magrietjie en boetie, Jan, op die ouend aan die slaap geraak het. Hulle het bly wag en mamma vertrou en nieeers gevra of getwyfel nie. Ek kon nie sê hier's niks om te eet nie.Die kerk se mense het oor die naweek die afvalkos gebring wat Checkersuitgooi, maar wat jy nog kan eet - en jy sal dit eet, selfs al stink ditsoos iets wat die varke moet eet. Jy grawe die beste uit vir jou kindersen jy eet dit. Dit het gehou tot gister, maar vandag was daar niks.Ek probeer, Here, regtig, ek probeer. Ek versamel "scrap metal" en ekpas die mense se karre op by die Spar en soms kry ek 'n "tip" of 'nbrood, maar ek vra nie ander mense om agter my te kyk nie, regtig! Eksál nie vra nie! Ek kán nie, Here, ek voel ek mág nie! Ek sal eerderiets by iemand vat en u my laat straf - al is armwees genoeg van 'nstraf. Ek sal eerder nóg straf vat, maar ek kán nie 'n ander mens viriets vra nie. Asseblief, Here, moet my nooit so arm maak, dat ek moetvra nie.Ek vra net vir u, Here, want u weet. U móét weet, want u het dan allesgemaak.Of het ék hierdie omstandighede gemaak? Is dit my skuld dat ek hier is?Is dit iets wat ek gedoen het en nou verdien ek om arm te wees? Miskiennog ek, Here, maar nie my kinders nie! Hulle het mos nie gevra om hierte wees nie. Hulle het mos nie gekies nie...Hoe maak u kinders en laat hulle doodgaan van koue ... doodgaan omdathulle nie medisyne kan kry wat die siekte stop nie? Hoe laat u kindersvanaand honger gaan slaap omdat hulle ma net water het om te kook?Hoekom laat u toe dat wrede, ryk kinders hulle spot uitspoeg na dit watons huis noem? Hulle weet nie wat hulle doen nie! Hulle weet nie hoehulle woorde, wrokke en wrakke van ons harte maak nie. Vergewe hulle,Here, want hoe móét hulle weet? En hoe kán jy, as jy alles het, jou inmense se nood indink of inleef of invoel?Maak my kinders sterk, Here, want hulle maak my sterk. Ek wil ookopstaan as ek sien hoe hulle elke dag sonder kla of moeg raak of inkrimpop hulle voete bly en selfs trots bly. Ja, hulle lag nog, hulle hoopnog. Ek wil selfs sê hulle vertrou nog op my as ma wat maar sal sorg ensal voorsien soos wat u vir my gee om te kan voorsien.Hulle leef met 'n verwagting. Hoe kan ek dan opgee? Ek kan mos nie.Nee, solank as wat u my genadig is en ek vandag oorleef, sal ek maarweer opstaan more en sal ek veg vir die more daarna vir my kinders. Eksal more weer my kinders vertel daar kom iets goed hierna, al kan onsdit nog nie sien nie en al kan ons dit nie eers dink nie, want op 'nmanier glo hulle dit. Al leef ons hier eenkant waar die lewe onsweggegooi het. Al reën dit weer en muf dit verder en al koop niemandmeer my "scrap metal" of "tip" my vir die karre wat ek oppas nie. Ekkies lewe! Ek kies dit, want dis in my bloed en dit loop deur my are endeur die eeue. En dit loop deur ons geskiedenis en deur elke uithoek vanhierdie land. Dit loop deur my en dit loop ook deur Oom Bertus wat diekos bring, Sarie wat treur, Liena wat te veel drink, Pieta wat 'nbrandweerman wil word en selfs Magda wat wag om dood te gaan.Lewe. En hoop. En geloof. Wees ons genadig, Heer, terwyl ons bewerig enbang die lewe kies.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment